Nomme 20 Delphi Straat (of Delphi Straat 20) is ʼn versameling van beide Kaaps en Standaard Afrikaanse gedigte wat aanvanklik as performance poetry vorm aangeneem het. Dié gedigte reflekteer die ervaringe en gedagtes van die digter uit haar tienerjare en as eerste generasie student. Dit speel af in Elsiesrivier en die titel is verwysend na die huis en straat waarin sy grootgeword het, maar sinspeel ook op die tema van bendegeweld. Die gedigte is ook die stories van die mense van Elsiesrivier.
Nomme 20 Delphi Straat
R160.00
Shirmoney Rhode
Nomme 20 Delphi Straat (of Delphi Straat 20) is ʼn versameling van beide Kaaps-en Standaard Afrikaanse gedigte wat aanvanklik as performance poetry vorm aangeneem het.
“Shirmoney Rhode.. vlek die lewe op die Vlakte tot die been oop en haal die mooi die vuil en die seer daaruit.”
“Hierdie beskeie bundel met sy 25-tal gedigte dra die goeie nuus van ’n nuwe stem uit die Kaapse Vlakte. Shirmoney Rhode behoort tot die sogenaamde millennariërgenerasie en haar gedigte praat ’n annerste soort taal.”